Naas se gunstelinge:

KOS Pizza, kerrie en rys, vis en skyfies

DRANKIE Coca-Cola

FLIEK Ek kyk enige fliek. Ek is mal oor flieks.

MUSIEK Country-musiek, Afrikaanse musiek, veral Eden

OORSESE RUGBYSPELER Richie McCaw

LAND OM NA TE REIS Amerika

5 dinge wat jy nie van Naas geweet het nie

Ek versamel rolprente wat oor sport gaan.

Ek het 'n obsessie daarmee om ons sportgeskiedenis en sportpersoonlikhede se geskiedenis te bewaar.

Ek swem nie in die see nie. Ek is bang vir Jaws en sy maatjies.

Ek glo almal is gelyk en daar is geeneen beter as 'n ander nie.

Ek ondersteun alle rugbyspanne en het, buiten die Springbokke, geen gunsteling-span nie.