Om 'n voorblad über-perfek te kry, is élke keer 'n stryd en 'n proses wat baie nabetragting vra. Dan word verskillende opsies in verskillende kleurskakerings in rye teen die muur geplak en die hele redaksie en wyer genooi om te kom kyk en kies. Soms spring DIÉ voorblad eenvoudig tussen die ander uit en ander kere stem elkeen vir iets anders.

Nou is dit julle beurt om jul stem te laat tel. Regs is die amperse voorbladfoto vir die Junie-uitgawe. 

En onder is die uiteindelike keuse. Op die een wat ons toe wel gekies het, is Nadia sagter in grys, effens warmer en meer toeganklik. Daar is ons ook mal oor haar deurmekaar hare!

Nadia Valvekens - Junie voorblad

Watter een sou jy op die voorblad wou sien? Stem hieronder

Lewer gerus ook kommentaar in die kommentaarboks hieronder

 

* Kyk ook hier vir Fanie Cronjé, styl- en sosiale redakteur, se wenke oor hoe jy Nadia se veelsydige haarstyl kan regkry.

* Kuier agter die skerms by die voorbladsessie met Nadia.