In die Augustus-uitgawe van Vanity Fair vertel Angelina dat hoewel sy en Brad (Pitt) nie gekant is daarteen om weer swanger te wees nie, is dit belangrik vir hulle om spesiale aandag te kan gee aan elkeen van hul ses kinders. Volgens haar is hulle twee ook nie gekant teen die huwelik nie, maar dit voel of hulle reeds getroud is.

"Om kinders saam te hê is tog 'n (groter) verbintenis as die huwelik. Dis vir altyd!"

Sy verklap ook dat sy nie veel langer flieks wil maak nie. Dis duidelik dat sy gek is daaroor om tyd saam met haar gesin te bestee. Sy vertel dat haar oudste, Maddox, 'n ware intellektueel is. Zahara het 'n pragtige stem en die tweeling, Knox en Viv, is 'n tipiese seuntjie en dogtertjie. Volgens Angie is Shiloh baie soos haar ma as dogtertjie - die tekens is daar van 'n regte 'performer'. Hoewel sy baie prettig en 'goofy' is, is daar ook 'donker' tye waartydens sy haarself van die wêreld afsluit.

En hoe voel sy oor Brad se vreemde baard?

"Ek is gek oor Brad met enige voorkoms!'

Tydens die onderhoud met Vanity Fair was Angelina in Venesië vir die verfilming van 'The Tourist' teenoor Johnny Depp. Brad en die kinders was saam met haar daar en Brad het sy tyd verwyl met beeldhouwerk en die ontwerp van meubels.

Kry die Augustus-uitgawe van Vanity Fair vir die volledige artikel en pragfoto's.