"Ek hou nou nie eintlik tabs op hoeveel harte ek gebreek het nie.” Neels van Jaarsveld kyk my stip in die oë.Hy gesels báie ernstig en speel oop kaarte.Want vandag wil hy sy hart uitstort. Hy wil boonop mense wat hy in die verlede te na gekom het, verskoning vra.

“Jy weet, ’n gebroke hart is nie ’n goeie ding nie.Ek het al ’n paar meisies in die verlede effens ongelukkig gemaak. Dit is moeilik as dinge nie uitwerk met ’n nooi nie.Ek was al gelukkig om formidabele vroue te ontmoet en ek is jammer as ek sommige seergemaak het.”

Hy glo hy kon selfs met ’n paar getrou en kinders gehad het as die verhoudings gewerk het. “Maar dit gaan mos maar oor die regte tydsberekening.En ek is seker baie van hulle het iemand anders gekry wat hulle baie gelukkiger maak as wat ek ooit sou kon.”

Neels erken dat hy in die verlede dikwels ’n free spirit was.“Man, ek sukkel maar soms om oor my gevoelens te praat. Vroue hou mos daarvan dat jy met hulle práát. Ek is nie altyd so maklik om te verstaan nie.En ek is ’n bietjie onvoorspelbaar. Dit hou hulle dalk op hul tone.Dalk gee dit my
’n edge waarvan hulle hou. Maar ek het so met die ouderdom’n bietjie rustiger geraak . . .” (Hy’s 32.)

Ná die traumatiese beëindiging van ’n verhouding twee jaar gelede toe een van sy beste vriende vir sy gewese meisie “sielkundige” gespeel en uiteindelik op haar verlief geraak het, was sy vertroue
in die mensdom geskok.

“Dis hoe die liefde is. Ek glo aan karma. Miskien het al my ‘sondes’ my toe ingehaal. Maar dit maak dit nie makliker nie.Dit was een van die donkerste tye in my lewe, want ek het ’n goeie vriend én my meisie verloor. Ek moes in daardie stadium baie selfondersoek doen. En daar was tye dat ek my aan vroue en drank oorgegee het. Ek het selfs ses weke lank ’n sielkundige gaan spreek.”

Daar is mense wat wonder of hy nie steeds te hard kuier nie. In Augustus vanjaar het hy die vroue van Mpumalanga se Vrouelandbou-unie (VLU) die josie in gemaak toe hy die middag voor ’n spoggeleentheid laat weet het hy kan nie die aand optree nie. Hulle sou boonop ’n oorkonde aan
hom oorhandig as kunstenaar van die jaar! Hy is ses maande tevore vir die geleentheid bespreek en sowat R6 000 daarvoor betaal. Hy het hulle intussen terugbetaal. Hy het op nommer 99 laat weet ’n familielid is in die hospitaal en hy kan dit nie bywoon nie.

“Om dit per SMS te gedoen het was verkeerd en ek vra weer eens verskoning.Ek het my les geleer en sal in die toekoms alle partye in ag neem. Ek het nou die reputasie dat ek dinge soms te veel kan geniet, maar dit was beslis nie die geval nie.”

En nóg is het einde niet . . . Vroeër vanjaar het gaste op die spogplaas Neethlingshof buite Stellenbosch ná ’n stylvolle wynproe-geleentheid in ’n wingerd op Neels afgekom. Klipdrift se
“Eish”-man het op sy gesig gelê.

“Daar sal altyd dae wees wanneer jy die partytjie te veel geniet, maar met die ouderdom het ek meer verantwoordelik geword. Ek is opreg spyt oor dinge wat ek in die verlede verkeerd gedoen het. Dis moeilik in my beroep, veral vir ’n ou wat drank adverteer. I still enjoy a good
night out
.”

Maar nou het hy iemand gevind wat mal is oor hom nes hy is en sy maak hom veel rustiger. Sy is ’n plantpatoloog van Springbok, Diane Mostert (26), wat hy anderhalf jaar gelede by ’n partytjie op Stellenbosch ontmoet het.

“Diane verstaan my en sy is plat op die aarde en ’n bok vir sports. Sy maak maklik vriende, sy boost my. Sy lyk soos ’n donkerkop Janis Joplin en is báie mooi. En ek hou van haar klerestyl. Sy hou van vintage-klere en is heel anders as my vorige meisies.”

Sy val vir hom beslis in die kategorie “formidabele vrou”. Want sy is gemaklik met haarself, doen haar eie ding en is vroulik en sensueel.

Lees die volle artikel in die November 2011-uitgawe van SARIE