Deur vir een uur jou ligte af te skakel en na te dink oor jou optrede en die bydrae wat jy lewer om ons planeet stadig te versmoor, kan jy saam met ander mense 'n verskil maak.
Dit is byna ondenkbaar hoeveel invloed elke mens het tot die koolstof-voetspoor in hul leeftyd. Dink maar aan hoeveel karre jy daagliks sien, hoeveel mense elke dag om die aarde vlieg, hoeveel fabrieke hul skadelike gasse die hemelruim inblaas . . . So skakel Saterdagaand om 20:30 jou ligte af, steek 'n kers aan en wend jou gedagtes na die reinheid van die natuur, dink aan die mense in Japan wat deur 'n ongelooflike moeilike tyd gaan, en dit wat jy kan doen om jou koolstof-voetspoor te verklein. Nog belangriker is om nie net in dié uur gemotiveerd te wees om 'n verskil te maak nie, maar dit veel verder as Earth Hour te laat strek. Raak aktief in die stryd teen aardverwarming. Vind meer uit en bly ingelig oor alles wat jý kan doen: "Like" Earth Hour op Facebook Besoek Earth Hour se webwerf Volg Earth Hour op Twitter Besoek die WWF se webwerf Volg die WWF op Twitter