Sy nuutste album, Dreams, sal in November uitgereik word. Die album bestaan uit sy eie interpretasies van sy 14 gunsteling-liedjies, soos Yesterday en Blackbird van die Beatles en Billy Withers se Ain't No Sunshine.

Gaan na amazon om nou reeds jou Dreams-CD te bestel!

Hier's die datums


Die 2de April by die FNB Stadion, ook bekend as Soccer City in Soweto


Die 5de by die Moses Mabhida-stadion in Durban


Die 8ste by die Nelson Mandela Bay-Stadion in Port Elizabeth
en die 11de in die Kaap

 

Interessant:

Diamond het al meer as 128 miljoen albums wêreldwyd verkoop
In September 2010 is hy benoem vir die The Rock & Roll Hall of Fame.
Hy het ook die Sammy Cahn Lifetime Achievement Award gekry.
Hy het 12 Grammy-benoemings en 'n Golden Globe-toekenning gekry
Diamond was ook NARAS se MusiCares Persoon in 2009