In die Oktober-uitgawe van SARIE gesels Nicholis Louw met ons. Hy's nie deel van die 'in-groep' in sy bedryf nie, maar hy verkies dit so. Hy sê: 'Vat my soos ek is.'

Lees ook verder wat hy oor Yolanda Barnard se bewerings oor hom en Robbie Klay se 'ringe' te sê het.

5 dinge wat jy nie van Nicholis geweet het nie
1. Ek slaap met 'n kussing wat ek vashou soos 'n teddie.
2. Ek versorg my vel goed en het 'n borg by 2nd Youth vir velprodukte.
3. Adele van Adele's Creative Scissors en Glam Guru (op kykNET) sny my hare elke tweede Dinsdagoggend.
4. Ek laat my borshare met waks verwyder.
5. Ek weet absoluut niks van rugby nie.

Nicholis in sy kleuterskooldae
Ek in my kleuterskooldae in
Oos-Londen waar ek grootgeword het.
Platinum-toekenning vir Vergeet en Vergewe
Ek het verlede jaar my platinum-
toekenning vir Vergeet en vergewe van
Select Musiek by hul jaarlikse
Kerspartytjie ontvang.
Nicholis Louw en Elizma Theron

Elizma Theron het saam met my
die liedjie "Kom ons vat 'n kans"
opgeneem. Ons stemme pas
goed bymekaar. Die liedjie is op
Elizma se CD, Gee my meer, wat
verlede jaar bekend gestel is.

Nicholis Louw en Freddie Nest
Hier is ek en die sanger Fredi Nest
saam by die Aardklop-kunstefees.
Ons is goeie vriende en kuier
gereeld saam.
My hart is aan die brand

My hart is aan die brand is my eerste
CD wat by Select Musiek verskyn het.
Dis in 2004 uitgereik en meer as
100 000 eksemplare is verkoop. Dis
my beste verkope tot dusver.