Hoe voel dit om ons plaaslike James Bond te wees?
Dis ’n eer, veral omdat ek al jare lank ’n aanhanger is. Ek dink die meeste ouens begeer om ’n paar van sy talente te bemeester.

Jy het Steve Hofmeyr, Jay, Bobby van Jaarsveld en Ryk Neethling uitgestof. Hoekom dink jy het jy gewen?
James Bond kan nie sing nie, so die eerste drie kandidate is uit, en ek is in, en Ryk drink wyn, nie martini’s nie . . .

Natuurlik dink ons lesers jy’s slim, aantreklik, welsprekend en selfversekerd, nes Bond. Sien jou vrou, Christi, jou ook so?
Wat van haar die oulikste vrou maak, is dat sy my grootste aanhanger is. As Christi van my werk hou, weet ek alles is in die haak. So, ja, sy stem vir seker saam!

Wie’s jou gunsteling as James Bond?
Ek was nog altyd mal oor Sean Connery, hy was ’n klassieke Bond. Hy het ouwêreldse sjarme gehad – en sy Skotse aksent was net eenvoudig cool.

*Lees die volledige onderhoud in jou Augustus-uitgawe, ons vier ook 50 jaar van Bond in SARIE

Sien vir Nico by die Afrikaans is Groot-konsert in Oktober

Op 11,12 en 13 Oktober 2012 hou Afrikaans is Groot vir die eerste keer konsert – 'n trefferparade van SA se grootste sangers, almal op een verhoog by die Moreletapark-Gemeente in Pretoria.

Met Steve Hofmeyr, Theuns Jordaan, Juanita du Plessis, Robbie Wessels, Bok van Blerk, Bobby van Jaarsveld, Jay, Karlien van Jaarsveld, Riana Nel, Lianie May, Jannie Moolman, Arno Jordaan, Corlea Botha en Jak de Priester.

Kry jou kaartjies nou by bookings.pnptickets.co.za

Hier's die legendariese toneel uit Dr. No waar Sean Connery daardie bekende Bond-frase sê

ADELE SING DIE TEMALIED VAN DIE NUWE JAMES BOND-FLIEK, SKYFALL.

Skyfall