Zuraida Jardine en haar man Josh Lindberg verwag hul tweede kind. Zaria, hul eersteling is nou 1 jaar oud.

Zuraida, wat voorheen 'n hoë-profiel 5fm-omroeper was en ook gereeld gesien is as een van ons land se mooiste vroue, lyk met haar vyf maande swangerlyf nou mooier as ooit.

Net gister het die egpaar uitgevind dis 'n seuntjie en nie 'n dogtertjie soos hulle aanvanklik gedink het nie. Dis die dat daar nog nie 'n naam vir die klein Lindburg is nie.

Zuraida werk tans aan die tweede seisoen van die program Life's a journey wat een van die dae weer op SABC3 uitgesaai gaan word. En Josh is besig met 'n groot, nuwe teaterprojek.