Hulle trou op 3 Desember by Velmore Landgoed buite Pretoria en 200 gaste gaan die dag saam met hulle geniet.

“Ons wou nie ’n groot troue hou nie. Net ons geliefdes en mense na aan ons in die vermaakbedryf.”

Hy het nog geen idee hoe  sy bruid se rok gaan lyk nie, maar weet sy gaan “super beeldskoon lyk”.

“Ons gaan wittebrood hou op ’n klein private eiland tussen Mosambiek en Mauritius en vir weke lank net mekaar se geselskap geniet..”

Intussen kan hy steeds nie glo sy pas uitgereikte rolprent, Platteland, het binne die eerste naweek R1,7 by die loket verdien nie! “Dis ’n wonderlike beloning na 2 jaar se baie harde werk. Ek glo die fliek gaan nog momentum opbou.”

In die Desember-uitgawe van SARIE vertel Sean dat Platteland 'n droom is wat hy bereik het. 

Maar lank voor dit het Sean naam gemaak as verhoog-akteur, lid van die ?eerste Afrikaanse boy band, Eden, hy ?was al in 7de Laan en Egoli en ook aanbieder van die eerste Idols in Afrikaans (2005).

Hy stel die dwarslat altyd hoër. Veral vandat hy en Johan Vorster, medelid van Eden, in 2005 Mozi Records begin het. Dit was asof hy ?tóé sy drome baie ernstiger begin opneem het, beken hy.

Hy en Johan het nooit kon voorsien dat hulle goue hande het as dit kom by jong kunstenaars nie. Bok van Blerk was ’n onbekende konstruksiewerker toe Sean in 2005 sy huis verkoop het om geld bymekaar te maak om ’n CD met hom op te neem.

“Ek het Bok van skooldae by die Wilgers Hoërskool in Pretoria geken en geweet hy sou perfek pas in ons projek. ‘De La Rey’ het Afrikaanse musiekgeskiedenis gemaak en Bok is nou ’n huishoudelike naam.”

Daarna het hulle Lianie May, die ?meisie van die beesplaas by Deneysville, ?in ’n skool-kleedkamer ontdek.
“Ek sien nog groot dinge vir ?hulle twee, en vir ons ander sanger, Vaughan Gardiner.”

Lianie is in 2009 en Bok in 2010 by die Sama-toekennings as topverkopers in die land aangewys.

Hul musiekvideo’s was ideale voorbereiding vir die groot fliek wat Sean heeltyd beplan het.

“Ek het hard gewerk vir die titel rolprentregisseur. Die senuwees skaaf maar oor die ontvangs wat Platteland gaan hê. Maar ek dink dit gaan oukei wees.” (min het hy geweet!)

Hy beplan reeds aan sy volgende rolprent, ’n nog groter produksie. As ?dinge reg uitwerk, sal hy vandeesmaand (Desember 2011) nog sy groot planne bekend kan maak.

“As ons dit regkry, gaan dit ’n epiese fliek wees, maar dinge is nog in die sensitiewe beplanningsfase.”