Vir weke kon Suid-Afrika uit hul sitkamers tien vroue se SARIE Voorbladgesig-droom gevolg. En op Woensdag 19 September gaan die nuwe Voorbladgesig-wenner uiteindelik aangekondig word.

Wie gaan dit wees? Anya-Larissa, Charicke, Suné, Leandri, Mischke, Lieze, Germa, Emari, Nelichea of Chané.

Kuier saam met die 10 finaliste. FOTO Perdeblom Photography

Nou is dit jou kans om eksklusief deel van hierdie glansgeleentheid te wees. Jy hoor reg! As SARIE-leser kan jy die dag skouers skuur met Michélle van Breda, Herman Lensing, Fanie Cronjé, Amaria Carstens, talle bekendes én natuurlik die 10 finaliste. 

Boonop gaan jy deel kan wees van die laaste episode van SARIE Voorbladgesig wat op kykNET uitgesaai gaan word. Ja, die gala-geleentheid word spesiaal vir TV verfilm. Maar jy gaan éérste hoor wie die wenner is en hoe die voorblad gaan lyk!

Nét 50 lesers kan deel wees van hierdie eksklusiewe glansgeleentheid wat by die pragtige Rosemary Hill buite Pretoria plaasvind. Kom kuier saam met ons!

Kom wees deel van ’n onvergeetlike dag.

MEER INLIGTING

WANNEER: Woensdag, 19 September, om 14:00-17:30

WAAR: The Greenhouse Cafe, Rosemary Hill, Pretoria

KOSTE VAN KAARTJIES: R275 per persoon

SLUIT IN: Ligte verversings, ’n geskenkpak; kuier saam met bekendes, die SARIE-span en die wenner. 

Opskud, kaartjies is besig om te vlieg!

E-pos nou vir Anene de Klerk by anene.deklerk@sarie.com om jou kaartjies te kry. 

SARIE Voorbladgesig 2018 word met trots geborg deur Montblanc Lady Emblem, INOAR, Isa Carstens Academy, Kalahari en kykNET.

FOTO Leana Clunies-Ross