Dit lyk asof dit baie goed gaan met Taylor Swift (20). Nie net het sy 'n nuwe liefde in haar lewe nie, maar haar eie parfuum word ook binnekort bekendgestel. Jake Gyllenhaal (29) is Taylor se nuwe man. Hulle het verlede naweek saam in New York rondgeloop, berig Just Jared. Die afgelope naweek is hulle weer saam in Kalifornië gesien. Taylor se verhouding met die sanger John Mayer het onlangs verbrokkel.

Swift se splinternuwe album Speak Now het 1 miljoen eksemplare in die eerste week verkoop.

En haar nuwe parfuum?

Dit is 'n projek wat sy saam met Elizabeth Arden doen, en sy gaan beslis by wees met die maak daarvan. Sangeresse soos Britney Spears en Mariah Carey het reeds hul baie suksesvolle parfuums op die skoonheidsrakke. "Ek was nog altyd mal oor hoe geure 'n mens herinner aan mense en gebeure wat in jou gedagtes dwaal. Ek geniet dit om te eksperimenteer met van my gunsteling-geure, so ek's baie opgewonde oor my samewerking met Elizabeth Arden," het Swift gesê. (Bron: www.celebuzz.com)

Lees ook www.people.com

Jake Gyllenhaal