Die sangeres, aktrise en TV-aanbieder Nadia Beukes is een van die dae weer op die kassie - as die nuwe aanbieder van Boer soek ’n vrou.

"Dis een van die grootste avonture in my loopbaan. Ek is al tien jaar in die bedryf en om aan te bied was nog altyd ’n groot passie vir my. Daarom sien ek dit as ’n groot voorreg en verantwoordelikheid om die nuwe aanbieder van Boer soek ’n vrou te wees," sê Nadia aan SARIE.com

Nadia reis in Europa saam met die Habanas

"Ek sien uit daarna om die boere, die mense wat briewe skryf en die kykers saam met my op hierdie ontdekkingsreis te neem."

FOTO: Desk Lamp Pictures FOTO: Richard Gau @ Desk Lamp Pictures

Angelique Gerber, wat dié jaar in Isidingo speel, was voorheen aanbieder van dié program. Voor Angelique het die Binneland-aktrise Elma Postma hierdie belangrike taak gehad.

"Ek het baie groot skoene om te vul. Ek wil nie die program anders aanbied nie, maar ek wil graag ’n deeltjie van my eie persoonlikheid na die program bring. Dis wat lekker is van aanbieding - jy hoef nie ’n rol te speel nie. Jy is maar net jouself!"

Só het Nadia haar ekstra kilo's afgeskud

FOTO: Desk Lamp Pictures FOTO: Richard Gau @ Desk Lamp Pictures

En Nadia is ook opgewonde om die plaaslewe beter te leer ken.

"Ek is eintlik ’n boeremeisie wat in die stad bly, maar ek sien baie daarna uit om terug te keer na my boerewortels."

WAT DINK JY? GAAN DIE BOERE HUL HARTE OP NADIA VERLOOR? Los kommentaar onderaan dié artikel of deel dit met ons op ons Facebook- of Twitter-blad!