Kyk jy so na Claudia Henkel, kan jy nie anders as om te dink dat sy met perfekte gene en ’n goeie skeut geluk geseën is nie. Wanneer sy by die deur van haar meenthuis in die luukse woonbuurt Bryanston, Johannesburg, uitgestap kom, word daardie gene lewend voor jou oë: Haar bene, in ’n stywe wit broek, is onmoontlik lank en slank, haar vel onmoontlik vlekkeloos.

Maar sedert sy agt jaar gelede as Mej. SA gekroon is, was haar lewe nie altyd so perfek soos wat dit vir buitestanders gelyk het nie. Die afgelope paar jaar het sy met haar gewig gesukkel. Sy was op ’n tyd só maer dat haar bekommerde ma vir haar gesê het dit lyk of sy enige oomblik gaan breek. Buiten die stryd met haar gewig, is Claudia ?ook deur moeilike verhoudings en ?kon sy lank nie haar voete in ’n loopbaan vind nie.

Voor ons gesels, bring sy rooibostee op ’n skinkbord. Haar twee miniatuur Yorkshire-terriërs, Armani en Chloé, trippel agter haar aan – elkeen in ’n ?gestreepte truitjie. Sy gaan sit agteroor op die wit leerbank, die skugter Chloé agterna op haar skoot.

Claudia het die afgelope drie jaar sowat 18 kg verloor. Sy het vir ’n lang tyd ’n ongesonde verhouding met kos gehad. Kort voor sy in 2004 aan die Mej. SA-kompetisie deelgeneem het, het sy omtrent niks geëet nie, vertel sy.

Sy moes as model by die Kaapstadse modeweek werk. Met haar lang lyf van 1,84 m het sy bo die ander uitgetroon. Sy het gevoel as sy nie gewig verloor nie, gaan die klere haar nie so goed pas soos vir die ander modelle nie.

“Ek het gedink ek moet ekstra maer wees en het omtrent net ’n appel ’n dag geëet en drie ure lank geoefen. In my kop het ek nie ’n keuse gehad nie. Dit was of dít of ek kon nie ’n model wees nie. Maar ek het goed gevoel, want ek kon modelwerk doen.”

Tog het sy ?geweet sy is nie ?gesond nie.

“In die spieël het ek gesien hoe maer ek is en dat dit nie aantreklik is nie.” Sy het toe net 54 kg geweeg. Vir iemand van haar lengte is dit bitter min. Haar liggaamsmassa-indeks (LMI) was ’n skrale 15,9 (die minste wat jou LMI behoort te wees, is 18 en dis reeds baie maer).

Sy het beplan om nog dieselfde jaar vir Mej. SA in te skryf. “Toe my ma my ná die modeweek sien, het sy vir my gesê as ek só lyk wanneer ek deelneem, gaan die mense vir my lag. Sy het ook gesê ek moet onthou meisies sien op na Mej. SA. Dit kan nie lyk asof ek enige oomblik gaan breek nie. Dít het by my ingesink. Ek wou baie graag goed vaar.” Claudia het gesonder begin leef.

Sowat twee jaar ná haar kroning het sy begin gewig optel. Sy het die gewig met kitsdiëte probeer afskud. “Veral hoëproteïen-diëte. Soms het ek ?sommer my eie eetplan saamgestel en besluit ek mag net ’n spesifieke hoeveelheid kalorieë per dag eet. Jy doen mal dinge as jy jonk is.”

Sy het al hoe meer opgetel totdat sy drie jaar gelede 84 kg geweeg het.

“Dis klaar sleg om oorgewig te wees, maar in die openbare oog is dit honderd keer erger. Mense sal sommer sê ek lyk verskriklik. Dis amper asof jy nie soos ’n mens behandel word nie.”

Haar gewig het ook ’n groot invloed gehad op hoe sy oor haarself voel, sê sy.

“Ek het minder selfvertroue gehad omdat ek nie gemaklik in my vel gevoel het nie. As jy nie goed lyk nie, voel jy nie lekker nie.”

Sy het hard probeer om die gewig af te skud.

“Ek het weggebly van pasta en rys, ek het nie aan alkohol geraak nie en het twee keer per dag geoefen, maar steeds niks verloor nie.”

Sy het begin wonder of daar nie ’n mediese oorsaak is nie. Op haar ginekoloog se aanbeveling het sy die voorbehoedpil gestaak en toe binne vier maande 7 kg afgeskud. Sy glo sy het gewig afgeskud omdat sy opgehou het om die Pil te drink.

Die afgelope jaar het haar lewe ook begin verander. Sy het ’n loopbaan gevind waaroor sy passievol is – sy het ?’n onderneming wat spesiale geleenthede reël. En sy het ’n wonderlike man ontmoet.

Terselfdertyd het die vetjies stelselmatig aanhou wegsmelt. Sy het nog 8 kg verloor, al het sy weer koolhidrate geëet. Dit was asof haar lyf self na balans teruggekeer het.  

“Wanneer jy verslank, sit jy jou metabolisme deur baie en dit raak al hoe stadiger. Ek het besef as ek koolhidrate eet, word ek nie vetter ?nie. Dit voel of alles nou weer reg ?is met my lyf, asof my metabolisme weer vinnig is.”

Deesdae sê so baie mense vir haar sy lyk nou die beste wat sy nóg gelyk het.

“Almal vra wat ek gedoen het, en ek wens ek kan sê ek het ’n wonderdieet ontdek. Ek eet elke aand koolhidrate en drink gereeld ’n glas wyn terwyl ek kos maak. Ek sorg net dat ek nie massiewe porsies eet nie.” Sy oefen ook nie meer so fanaties nie en speel net af en toe gholf.  

Claudia glo sy het met haar gewig gesukkel omdat sy nie gelukkig was nie. Sy was in ’n paar verhoudings wat nie een langer as ses maande gehou het nie en het gewonder watter loopbaan haar gelukkig sou maak.

“Dit wys as jy nie gelukkig is nie, maak nie saak hoeveel grimering jy dra nie.”

Maar nou, op 29, het dinge reggekom . . .

Dis nie net haar lenige lyf wat deesdae aandag trek nie, maar ook die vonkel in haar waterblou oë. Sy bly al ’n jaar saam met haar kêrel, Orin Roesstorff. Hy werk vir ’n kosgroep. En dit klink of hul verhouding net so perfek is soos die sitkamer waarin ons gesels. Alles is wit, chroom en glas. Elke ding op sy plek.

“Orin is gorgeous,” koer Claudia. “Hy’s gebou soos jy nie kan glo nie. Hy kan net sowel op die voorblad van GQ wees.”

Sy het gewoonlik vir tall, dark en handsome-mans geval, maar Orin is rugged, haar éintlike smaak.
Sy onthou net ná haar kroning het een van haar pa se vriende vir hom gesê die een ding waarmee Claudia gaan sukkel, is om ’n man te kry, want hulle gaan agter die Mej. SA aan wees.

“Ek dink baie van die ouens met wie ?ek vroeër uitgegaan het, wou hê ek ?moes iemand wees wat ek nie is nie. ?Mense verwag iets wat jy nie is nie, ?dat jy ’n trofee is, en dat jy heeltyd mooi moet lyk. Dis byna asof hulle nie die moeite gedoen het om my te leer ken nie. Skoonheidskoninginne word nie beeldskoon wakker nie. En jou lewe is nie een groot glansgeleentheid nie. Jy is ’n regte mens. Jy weet, my ?hare ís deurmekaar as ek soggens op-staan en ek het nié grimering aan nie.”

Nou voel Claudia vir die eerste keer daar is iemand vir wie dít oukei is.

Orin is lief vir Claudia Henkel, nie ?vir Mej. SA nie. Vir hom is ek die mooiste wanneer ek nie grimering dra nie. En dít is vir my belangrik.”

Hulle het mekaar ver-lede jaar deur ’n vriendin van ’n vriendin ontmoet.

“Ek het aanvanklik ?nie in hom belang gestel nie, want hy is ’n jaar jonger as ek. Ek het ?nog altyd van ’n ouer, meer volwasse man gehou. Maar nou dink ?ek mans is almal dieselfde; hulle word nooit groot nie.” Sy lag.

“Hy het hierdie houding van ’n Kaapstadse surfer dude gehad. In plaas daarvan om my telefoonnommer te vra wou hy weet wat my digits is. Hy was net so seker van homself.”

Die week daarna het hulle gaan koffie drink en sy het ’n heel ander sy van hom ontdek.  

“Toe was daar nie meer pretensie nie. Ek het besef hy was maar net daai aand op sy senuwees.”  

Die liefde het net daar in Melrose, oor ’n paar koppies koffie en ure se gesels, vlamgevat. Nou is hulle byna ’n jaar en ’n half saam.

En om haar geluk af te rond blom haar loopbaan nou ook.

Sy het in November verlede jaar ?betrokke geraak by die skoonheids-onderneming Sorbet. Hulle reël bederfgeleenthede vir vroue en kombineer dit met inspirerende motiveringspraatjies deur vroue.

“Dis vir my wonderlik, want wan-neer die vroue daar wegstap, voel ?hulle goed oor hulself, emosioneel ?en fisiek. Ek wou nog altyd vroue ?se lewe aanraak. Nou doen ek dit. ?Ek is presies waar ek moet wees ?in my lewe.”