In die fliek Susters, wat 30 Maart vrygestel word, speel Quantia Adams een van drie aangenome susters. In die regte lewe het sy 'n jonger broer. Dié Susters-ster deel foto's van haar kleintyd.

In die Februarie-uitgawe van SARIE het Quanita haar pa en gesin so beskryf:

“My pa, Nazeem, was ’n amazing man. Ek’t eenkeer hierdie skinny jeans gekoop en die clue is in die naam, skinny, nè? As jy nie skinny is nie, is daai jeans miskien nie vir jou nie. “Ek vra hom: ‘Dad, is my boude te groot?’ En hy sê: ‘Jou boude is agter jou. Moenie stres nie, jy kan dit nie sien nie.’ Dit was ook sy houding oor die lewe. Kyk vorentoe, nie terug nie.”

Wyse man. Hy is vroeg in 2016 oorlede weens ’n oorgeërfde hart-afwyking. ’n Hunk, beskryf sy hom. “Die oorspronklike bruin Bobby Ewing. Die bruin Michael Knight. Hy was gorgeous, charismaties. En my ma, Felicity, is gorgeous. En my broer, Tauriq, is gorgeous. En dan is daar ek.” Haar broer is “’n korporatiewe cowboy” wat “sakke vol geld” maak in Noorweë, waar hy met sy vrou en baba woon.

Kyk hier die foto's van Quanita en haar broer deur die jare:

Quanita en haar broer Tauriq. FOTO: Verskaf

Quaniat en haar broer verskil drie jaar.

Quanita en Tauriq. FOTO: Verskaf

Kyk net hoe oulik is hierdie legkaart-foto van hulle as klein kinders.

Tauriq en Quanita. FOTO: Verskaf

Kyk die lokprent hier:

Susters begin op 30 Maart 2018 landwys in rolprentteaters draai.

SARIE is ’n trotse mediavennoot van die fliek!

Lees nou

Leah, Diaan en Quanita oor hul karakters! #SARIEsusters

Is hy SA se nuwe hartebreker?

Quanita Adams: Snaaks? Altyd!