Op die Vrou Af 2 was een van die topverkopers by vanjaar se KKNK. Lou-Ann Stone het vinnig met Pedro Kruger gesels, wat een van hoofrolle vertolk

Hoeveel Op die Vrou Af 2-vertonings het jy en Jolette Odendaal (mede-akteur) nou al agter die rug?
Ons was by Aardklop, toe by die Oude Libertas Teater in Stellenbosch. Daarna het ons by die Centurion Teater gaan draai en nou hier by die KKNK.

En hoe het dit vanjaar gegaan?
Dit was tjok-en-blok! 'n 550-sitplek saal was elke dag volgepak met mense. Ons was ook gedurende hierdie week die nr. 2 topverkoper. Ek sou sê dit gaan goed!

Hoe het die KKNK-gehore gereageer?
Hulle was nogal konstant. 'n Mens moet fyn luister tydens die vertoning, en die mense hét. Die ding van komedie is skerp woorde en situasies - en in ons geval werk dit definitief.

Waar speel Op die vrou af 2 volgende?
Ons is einde April by Die Boer in Durbanville. Daarna gaan ons Cederbergfees, Innibos-kunstefees en Volkbladfees toe. O, en dan natuurlik by die 2 SARIE-dae.

** As jy nog nie vir Pedro en Jolette in aksie gesien het nie, bespreek nóú jou kaartjies vir een van die feeste.