1. Begin elke dag deur te lag as jy kaal voor jou vollengte spieël staan.
  2. Wees altyd stiptelik vir afsprake en vergaderings.
  3. Luister eers en praat dán.
  4. Jy hoef nie altyd die foon te beantwoord as dit lui nie. Die getroue antwoordmasjien kan ook soms 'n boodskap neem.
  5. E-pos kan ook soms wag tot môre. En moet nooit send druk as jy te veel rooiwyn gedrink het nie!
  6. Beplan vooruit in potlood; maar leef vandag in ink!
  7. Jy is wat jy eet.
  8. Hou kontak met familie en vriende voor dit te laat is.
  9. Moet nooit toelaat dat slegte nuus jou moed breek nie. Daar is altyd goeie nuus om dit uit te balanseer. Probeer dít soek.
  10. Maak ou koppies, pierings en borde bymekaar om teen die garage-muur te gooi as jy kwaad is. Dís beter as om jou humeur te verloor teenoor dié mense wat jou gek maak. En onthou: hê jou vyand lief. Dit sal sy reputasie ruïneer!

Elke naweek op Darling...

Klik by www.evita.co.za/
Bel 022 492 3930/bookings@evita.co.za