Judy Chin

Hoe het jy besluit op Rachel se grimering vir dié fliek?

Ek wou haar mooi en verleidelik laat lyk, maar ook ’n bietjie gevaarlik. Ek het haar gelaat baie bleek gemaak en hope rosige pienk blosser aangewend vir ’n engelagtige voorkoms. Dié voorkoms is afgerond met sagte rokerige oë en haar lang naels is silwer en swart geverf.

Waarvan het jy die ?meeste gehou?

Die hele ervaring was fantasties. Dit was só ‘n plesier om Rachel te grimeer en te help skep aan die wonderwêreld van Oz. Ek het ’n klein stukkie van die “yellow brick road” vir my seun gesteel.

Waarvan hou jy die meeste ?as jy iemand moet grimeer? vir ’n fliek?

Ek geniet dit wanneer ek ’n akteur of aktrise grimeer en dié persoon voel hy of sy lyk presies soos hul karakter wanneer hulle op stel stap.

Wat is jou gunsteling-grimeervoorkoms?

Ek sou enigiets gedoen het om die sangeres Debbie Harry se grimeerkunstenaar te wees toe sy nog as Blondie bekend was!

’n Lekker wenk vir vroue wanneer dit kom by grimering?

Kyk in die spieël, kies wat jy dink jou beste gelaatstrek is, hetsy jou oë, glimlag of wangbene, en plaas die fokus daarop. Moenie bang wees om iets nuuts te probeer nie. Al wat tel, is dat jý daarvan hou.

* ?Oz the Great and Powerful begin 8 Maart plaaslik draai.

KYK DIE LOKPRENT HIER