Hy is een van Suid-Afrika se bekendste sjefs: Reuben Riffel. En môre (16 Junie)  gaan hy saam met SARIE se kosredakteur Herman Lensing, sjef Marinda Engelbrecht en Tussen Ons-vloerbestuurder Ricky Schroeder vir jou driegangmaal-meesterklas gee!

Koop kaartjes vir #SARIEgesels en kook hier.

Die meeste van ons se 2020 is tot stilstand gedwing ... insluitend Reuben s’n. Maar in hierdie tyd van inperking en onsekerheid het hy ongelooflik baie by sy kinders Latika en Max geleer. 

“Ek  het geleer om bietjie meer te luister na hulle, in stede daarvan om altyd voor te gee ek weet alles. En juis daaroor is hulle meer bereid om nou met jou te deel dít waaroor hulle dink en hóé hulle die wêreld sien.”

Hy het ook opnuut besef hoe niks vanselfsprekend aanvaar kan word nie. 

“Die pandemie het my baie geleer en ek dink die grootste van alles is maar hoe ons moet leer om nie die lewe, die mense om ons, ons werk en familie vanselfspekend te aanvaar nie.”

Volgende Sondag vier ons Vadersdag. Max en Latika het al telkemale vir pa Reuben in hul kombuis bederf.

“Hulle het al vir my ’n sjokoladekoek gebak en Latika maak lekker pannekoek, waarvan ek ook natuurlik baie van hou.”

Latika besige om haar legendariese pannekoek te bak. FOTO Instagram / Reuben Riffel

Reuben het self grootgeword in ’n huis waar die kos en voorbereiding daarvan ’n liefdestaal was. Aanvanklik het sy pa net sy ma se (tradisionele) kos verkies. Maar toe Vadersdag vir die eerste keer by Reuben se huis gehou was, was Eendconfit met heuningsous op die spyskaart. 

“Hy was versot daarop!”

Vir Reuben is Vadersdag soos ’n tradisionele Sondagmiddagete.  “Maar om dit met jou familie te deel, maak dit ekstra spesiaal.”

En as Reuben vanjaar self die spyskaart vir Vadersdag kon kies - wat sou dit wees?

“Ek hou van seekos, so iets met kreef en pasta om mee te begin. Vir voorgereg: ’n Ravioli met kreef en romerige witwynsous. Vir hoofgereg: Geroosterde lamsrak met kruie en parmesankors met al die trimmings. Vir nagereg: Sticky toffee pudding met vaniljeroomys.”

Kom kook môre saam!

Die geleentheid is moontlik gemaak deur Checkers.

Dit gaan regstreeks uit die Kokkedoorstoor uitgesaai word. SARIE en Checkers sal jou vooraf laat weet watter bestanddele jy gereed moet kry, en jy sal ook na afloop van die aanlyn kuier al die resepte in ’n spesiale nuusbrief ontvang. Die video sal vir 24 uur beskikbaar wees om weer en weer te kyk. So jy het genoeg tyd om winkels toe te gaan en jou gesin die aand met ’n feesmaal te verras! ’n Meesterklas op sy beste! Dis so maklik soos 1, 2, 3.

Koop kaartjies nou!