Hul eerste CD, My hele hart, het platinum bereik. Twee opeenvolgende albums, Ek sal getuig en Bly getrou, is nou ook op die rakke. Die aantreklike manne van Romanz Adam Barnard, André Venter, Burgerd Botha en Louis Loock tree gereeld regoor SA op, so klik op http://www.romanz.co.za/ om seker te maak jy mis hulle nie wanneer hulle weer op 'n dorp naby jou is nie!

Romanz se gunstelinge:

André se gunsteling-fliek: August Rush
Adam se gunsteling-drankie: Tamatiesap
Burgerd se gunsteling-wegneemete: Subway (as daar een naby is)
Louis se gunsteling-kos: Braaibroodjies