TOE

“Ek kon natuurlik verdere operasies weier, maar dit sou nie regverdig teenoor my en God en almal wees om die een kans wat ek het, te laat gaan nie.”

NOU

“Daar is oomblikke dat ek alleen in my kamer huil, maar ek’s net so bly om te leef. Die Here het my genees.”

Toe ons in September 2010 oor Elsjé geskryf het, was dié Bloemfonteinse joernalis se liggaam afgetakel ná verskeie brein- en rugoperasies weens kanker.

In Julie het sy vir ’n MRI-skandering gegaan. Toe die neurochirurg vir haar sê die gewas is weg, het sy ’n “stortvloed emosies” ervaar.

“Dis die eerste keer in agt jaar dat ek heeltemal skoon is. My man was sprakeloos van skok. Ek is net só dankbaar.”

Intussen floreer haar krale-onderneming HIP*E en haar gemeenskapsprojek “I bead cancer”. Sy skryf ook aan haar outobiografie, wat in November gepubliseer gaan word.

Ek’s nie bang die kanker kom terug nie. Ek’s ook nie meer bang vir pyn nie. Al wat ek nou ervaar, is vrede.”