Wat verkies jy, op die rooi tapyt wees, of agter die kamera?
Agter die lens! Ek dink daar’s baie druk op celebs om perfe te lyk en op te tree, en die hele wêreld se oë is op jou by so ’n mediageleentheid. Ek ervaar self druk om die beste foto’s te kry, maar ek verkies dit só.

Wie is jou gunsteling-celebs om af te neem?
Dié akteurs wat aandag gee aan die gehoor by ’n première, wat eg is en dit geniet om daar te wees. Ek is veral mal oor Will Smith, Johnny Depp, Charlize Theron en Drew Barrymore. En glo dit of nie, Tom Cruise praat selfs met aanhangers se ma’s oor die foon!

Wat was vir jou ’n spesiale rooitapyt-oomblik?
Die eerste keer toe ek Charlize Theron afgeneem het – by die première van Hancock. Ek het gesukkel om ’n vollengte-foto van haar te kry, en toe sê ek in my swaarste Suid-Afrikaanse aksent: “Charlize, I need to get a shot of you!” Daarna het ek in Afrikaans vir haar dankie gesê, en toe druk sy my hand! Dit was vir my baie spesiaal.

David is ook ’n troufotograaf in die Wes-Kaap. Kontak hom hier as jy ’n rooitapytfotograaf vir jóú groot dag wil hê: www.daviddettmann.com

Dettmann se foto van die Harry Potter and the Deathly Hallows Part 2-premiére

Trafalgar-plein in Londen is toegemaak vir David se gunsteling-premiére, Harry Potter and the Deathly Hallows Part 2