Ja, jy’t reg gehoor, jy kan nou ’n broekie koop met ’n Snotkop-embleem op die agterkant, wat spesiaal vir dié reeks ontwerp is. (Dit kos R50 by vertonings en R90 op sy webtuiste, wat die afleweringskoste insluit.)

Die broekies is beskikbaar in neonpienk of sexy swart, het hy aan SARIE gesê.

Die idee om sy eie reeks vroue-onderklere te begin, het tydens een van sy vertonings by hom opgekom. “Terwyl ek besig was om ná ’n show handtekeninge uit te deel, het ’n vrou my gevra of ek nie onderklere het nie. Toe dink ek, dis nogal ’n nice idee.”

Volgens Snotkop kan aanhangers nie genoeg van dié ondergoedjies kry nie en sukkel hy om voor te bly.? Hy’s reeds besig met ’n volgende reeks en beplan "'n full-on lingerie-reeks", sê hy.

En dis nie asof iemand anders dit namens hom doen nie, hy’s volledig betrokke: van die kies van die materiaal tot die ontwerp van die embleem.

“Dis ’n pret-idee en ek probeer dit so opwindend as moontlik maak.”

Bestel jou broekie hier!

Snotkop vroue-onderklere