Carike Keuzenkamp en haar man, Olaus van Zyl, was onlangs tydens ’n vakansie op Mauritius betrokke in ’n ongeluk. Gelukkig was dit nie ernstig nie!

Carike vertel dat ’n bestuurder haar en Olaus by die lughawe opgelaai het om hulle na hul hotel, Constance Belle Mare Plage, te neem. Maar toe kry hulle ’n bietjie teëspoed langs die pad. Toe die voertuig voor hulle briek, kon hul bestuurder nie betyds stop nie en so het hulle in dié voertuig vasgery. Boonop het die motor agter hulle toe ook teen húl kar gebots.

Carike se seun, Werner, se Mauritius-troue

"Dit was darem nie ernstig nie. Ons was hospitaal toe vir X-strale, want ons nekke was bietjie seer. Maar dit was gelukkig net whiplash," vertel sy. Die res van die week het glad verloop met baie tyd om te rus.

Carike Keuzenkamp op die strand in Mauritius. Dit was die sesde keer wat sy dié eiland besoek het FOTO: Facebook Carike Keuzenkamp op die strand in Mauritius. Dit was die sesde keer wat sy dié eiland besoek het
FOTO: Facebook

"Ek is mal oor eilandvakansies, want dis die enigste tye wat mens regtig rus - jy kan net iewers gaan lê en lees," sê Carike.

Carike op haar troudag

Sy het tydens haar en Olaus se week in Mauritius Tolbos deur Irma Joubert en Kobra deur Deon Meyer klaar gelees. "Ek het geweet ek moet dié boeke lees terwyl ek met vakansie is. Anders sal ek nooit by my werk uitkom nie, want ek sal dit nie kan neersit nie," lag sy.

Terug in die musiekateljee

Ook maar goed so, want sedert sy terug in Suid-Afrika is, werk Carike weer hard aan ’n nuwe CD. Dié keer is dit ’n dubbele CD met van haar ouer en minder bekende musiek én vyf nuwe snitte wat sy spesiaal vir die album opneem.

Carike wys haar foto-album

"Ek het lanklaas musiek opgeneem en dis vir my baie lekker om dit weer te doen," vertel sy oor die CD, wat hopelik teen Oktober of November op winkelrakke sal wees.

Net ouderdom wat haar skete gee

Carike, wat verlede jaar vir die tweede keer borskanker moes beveg, vertel dat dit goed gaan met haar gesondheid. "Ek vertrou dat alles sal goed wees wanneer ek weer vir toetse gaan," sê sy en vertel dat sy baie dankbaar vir haar gesondheid is.

Carike se dogter trou

"Deesdae is al my skete eintlik net ouderdomverwant," lag die Afrikaanse sangeres wat ons jonger dae met treffers soos "Timothy" en "Byeboerwa" gevul het. Ons sien uit daarna om weer Carike se musiekklanke te hoor.