'n Groot verrassing het op besoekers aan die SARIE-stalletjie gewag toe Angelique Gerber (ons Julie-voorbladgesig) onverwags kom inloer het. Lesers en feesgangers het sommer 'n paar foto's saam met haar geneem. Sy en haar twee vriendinne is elkeen daar weg met 'n heerlike SARIE-sak vol inspirasie.

Lochner de Kock en Lucas Maree het in hul vertoning Lochner en Lucas: Kook en stook met die verhale van Herman Charles Bosman, 'n kitaar en 'n paar kospotte feesgangers vermaak. Lochner het sommer in sy pienk SARIE-voorskoot op die verhoog verskyn...

Dinsdae by Morrie se Chris van Niekerk en Hennie van Greunen het ook vinnig kom hallo sê.

Chris van Niekerk en Hennie van Greunen was daar