Dit begin met inspirasie, met 'n vriendelike knik van die muse in jou rigting. Dan kan die skeppingsproses sy loop neem ...

Hetsy 'n nuwe liedjie - of 'n nuwe parfuum. Givenchy het dié proses vir hulself maklik gemaak toe hulle Justin Timberlake gekies het om die gesig van hul Play-parfuums te wees, want ten spyte daarvan dat hy al sedert 12-jarige ouderdom voor die kameras is, inspireer hy steeds met elke projek wat hy aanpak.

By die bekendstelling van Givenchy se Play for Her en Play for Her Intense onlangs in Parys, kon ek nie help om te wonder wat dit is wat dié sanger inspireer nie.

"Vir my is die skeppingsproses elke keer anders, veral met musiek. Dit hang af watter tipe liedjie jy skryf. Soms kom die lirieke eerste, net 'n frase kom in jou kop op, en as dit sin maak, verwerk jy dit in 'n liedjie. Ander kere het jy 'n konsep vir 'n liedjie, en miskien is die melodie dan die beginpunt. Om musiek te skep is elke keer soos 'n gelukskoot," lag hy.

Die skep van parfuums is effens veiliger, meen hy, omdat die wetenskap sommige basiese reëls neerlê, maar ook tussen dié twee skeppingsprosesse sien hy ooreenkomste: "Albei bevat byvoorbeeld note!"

Een van sy gunsteling-herinneringe aan geur is sy ouma se kombuis, wat soos die beste gebakte terte geruik het: "Daar was appeltert, kersietert, aarbeitert, alles!"

Die 29-jarige Justin se voete is duidelik vas op die aarde.

Hy skryf dit toe aan die rol wat sy ma en ook sy stiefpa in sy lewe gespeel het.

"My lewenslesse kom meestal van dinge wat hulle vir my gesê het. Soos: Net omdat ek die geleentheid kry om iets ongeloofliks te doen, beteken dit nie ek is beter as iemand anders nie.

"Ek het 'n wonderlike werk, en dis verstommend dat ek om die wêreld kan reis om mense te vermaak. Eintlik behoort dokters glanspersoonlikhede te wees, want hulle red lewens. Ek doen nie dit nie, maar dalk kan ek iemand help om vir 'n rukkie te vergeet van iets wat haar pla - en dis ook belangrik!"

Bekendheid het nie na Justin se kop toe gegaan nie.

"Kyk, die hele celebrity-ding is bisar en vreemd. En ek bedoel dit nie op 'n slegte manier nie, dit beteken net dis nie eg nie. My ouers bly nog in Tennessee en ek gaan gereeld soontoe; ek het self ook 'n huis daar. Ek dink dis belangrik om sulke dinge in jou lewe te hê, want dit gee jou 'n sin vir realiteit. Ek dink bekendes wat uithaak, is dié wat nie sulke bande het nie. Hulle koppel hul hele lewe aan die

Justin oor die liefde

Wat verkies jy om van 'n vroute hoor: Ek is lief vir jou of ek bewonder jou?

Hopelik altwee! Ek dink ek sou verkies dat sy vir my sê sy bewonder iets wat ek gedoen het, maar ek dink

liefde en bewondering gaan hand aan hand.


Kan
jy iemand liefhê wat jy nie bewonder nie?

Ja, jy kan, maar jy sal nie saam met

daardie persoon wees nie.

Sien jy jouself as 'n sekssimbool?

Nee! (Lag.)

Is jy op die oomblik verlief?

Ja, baie. (Justin gaan uit met die aktrise Jessica Biel.)

 

belangrikheid van bekendheid."

Ook oor sy talente is hy beskeie.

Hy glo sy ware talent lê daarin om 'n emosie of gevoel te ontlok.

"Ek dink nie ek is die beste sanger, die beste danser of die beste liedjieskrywer nie. Ek dink ek het 'n spesifieke boodskap en dit gaan eerder oor hoe ek dit oordra deur my talente - dis wat uniek is aan my."

Justin verduidelik dis eintlik baie meer kompleks om te vermaak as wat 'n mens sou dink.

"Dit gaan nie oor bravade nie, nie eens oor selfvertroue nie, maar oor verbintenis. Daardie gevoel dat jy met mense 'n konneksie maak - en jy moet jouself eers goed ken voor jy dit waarlik kan regkry. Ek dink die mense wat jou bybly en wie se musiek jy weer sal koop, is mense wat innemend is, meer as net talentvol. Soos by 'n konsert: Daar's 'n konneksie as 200 000 mense tegelyk dieselfde liedjie sing - jy vergeet nooit daardie oomblik nie. So ook die musiek op my laaste album (FutureSex/LoveSounds).

Dis nie letterlik nie, dis nie wie ek is nie, maar dis 'n idee en as ek iets daarmee wil doen, moet ek 'n manier vind sodat jy 'n konneksie daarmee kan maak."

En met watter musikante maak hý 'n konneksie?

"Jy sal byna enigiets op my iPod hoor.  Noem iemand."

Madonna? Ja!
Michael Jackson? Altyd.
U2? Ja.

"Ook Black Keys, Radiohead, Drake, Kanye, alles. My gunsteling op die oomblik is die nuwe Black Keys-album."

Waar kan ek die parfuum kry?

Play for Her (R800 vir 50 ml EDP) en Play for Her Intense (R860 vir 50 ml) is sedert begin September landwyd in SA beskikbaar.