Haar idee van sexy? Johnny Depp. “Hy’s eksentriek, maar as hy in Hollywood op die rooi tapyt in sy aandpak verskyn, is hy pure ouwêreldse sjarme. Ek dink mans wat my die meeste aantrek, is manne met mag. Mans met sterk persoonlikhede.”

En in pakke.
“Kyk nou vir Bill Clinton en Barack Obama. Hulle lyk goed in ’n pak, het albei ’n fantastiese sin vir humor, is intelligent en natuurlike sprekers. My soort man!”

Stylvolste vrou? Mmm . . . As jy gevra het die mooiste sou ek gesê het Sophia Loren. Niemand lyk soos sy nie.

Stylvolste man? Tom Ford
Kies: Blou, rooi of bruin?
Blou.
Kies: Berg, see of koringland?
Koringland.
Kies: 4x4, stasiewa, sedan?
4x4. (Haar motor is ’n Toyota RAV4, silwer.)
Kies: Radio of TV?
Mal oor albei.
Plek in SA?
Die Overberg.
Oorsee?
Mmm . . . Parys.
Watter plek/land móét jy nog besoek?
Kuba, verskriklik graag.
Dier?
Sjoe, ek dink ’n luiperd.
Trooskos?
Enigiets met ’n sous. Kaassous, tjoklitsous.
Jy sê dikwels?
“Dis fantasties!”
Beste raad gekry?
Ongetwyfeld wat Izak de Villiers vir my gesê het toe ek SARIE-redakteur geword het: “Gee van jouself.”
Beste raad gegee?

Die verskil tussen doodgewoon en buitengewoon is passie.

5 dinge wat jy nie van haar geweet het nie...

1. Sy’s doodbang vir slange!

2. Sy kan nie rigting hou nie, sy verdwaal.

3. Haar kollegas en vriende noem haar Mich.

4. Sy hou van boks.

5. Sy sou graag, as sy weer kon begin,
vir CNN wou werk.

Agter die skerms by Michélle se fotosessie

 
Fanie Cronjé, SARIE se styl en sosiale-rekdakteur Fanie Cronjé en Michélle van Breda Fanie se inkopies vir Michélle
Michélle en grimeerkunstenaar, Lesley Whitby Michélle en grimeerkunstenaar, Lesley Whitby Fotograaf, Clinton Lubbe en Michélle Haarstilis, Karen van Wyngaard en Michélle
Fanie Cronjé en Clinton Lubbe Clinton, Michélle, Karen, Lesley Clinton, Michélle en Lesley
Michélle en Fanie Fanie en Michélle Lesley Whitby en Karen van Wyngaard Michélle van Breda, SARIE se redakteur