Sarie.com was gister agter die Idols-skerms in Kaapstad waar deelnemers wat deur is na die 2de rondte moes sing vir die goue kaartjie na Sun City, waar die top-100 bymekaar gaan kom.

Die karaktervolle kwartet van beoordelaars, wat bestaan uit Randall Abrahams, Gareth Cliff, Mara Louw en (vir die Kaapse oudisies) Freshlyground se Zolani, gaan beslis sorg vir goeie kykvermaak. Om nie te praat van die deelnemers nie! Hulle sing enigiets van Led Zeppelin, Lady Gaga, Boyz II Men tot Maroon 5, Lira en John Mayer - en beslis nie almal ewe suksesvol nie!

Ek't trane in my oë gehad oor 'n jong deelnemer wat vir Mara liries gehad het - en by tye sukkel jy om jou lag te hou.

Die volgende reeks oudisies vind hier plaas:

Durban - 17 April, 2010 by die Gateway-inkopiesentrum.
Gas-beoordelaar is Steve Hofmeyr

Johannesburg - 24 April, 2010 by die Sandton Internasionale Konferensiesentrum.
Gas-beoordelaar is Kahn Morbee van die Parlotones

Port Elizabeth - 2 Mei, 2010 by die Boardwalk-inkopiesentrum
Gas-beoordelaar is HHP

Bloemfontein - 8 Mei, 2010 by die Windmill-sentrum
Gas-beoordelaar is Loyiso Bala

Hou Sarie.com dop vir nog agter-die-skerms-Idols-aksie!