Die geliefde en bekroonde aktrise Shaleen Surtie-Richards, wat diep in ons harte gekruip het as Egoli se Nenna, deel haar spesiale foto-oomblikke met ons.

Aaawww! Die Tweety Birds. Ek en Hannah Botha (Elsa), Marga van Rooy (Tossie) en Christine Basson (Nora) in 'n fabulous storielyn wat ons vir Egoli geskiet het.

Die promosiefoto van Shirley Valentine.
My gunsteling glansfoto

Een van my gunsteling-glansfoto's - dis ná ek omtrent
20 kg verloor het. Die 20 kg het intussen saam met
familie en vriende teruggekom, en board en lodge nou
sommer verniet en vir ewig!

Ek by my gunsteling-mens op aarde - my ma. Sy's die
enigste persoon wat ek ken wat my kan stilmaak.
Ek by die 2000 Egoli-bal - weer 20 kg ligter.
Die rok is deur Norman Callaghan ontwerp.
Hy's my gunsteling-ontwerper en het my
soos 'n queen laat voel.
Ek en Kevin Smith, my sielsmaat
Ek en my TV-seun, Kevin Smith. Hy's my beste vriend
in die regte lewe, my soulmate, nu-nu - my álles.
Ek en my ma-hulle - die kosbaarste mense
in die hele wêreld. Sonder hulle is ek niks!
Hier kry ek 'n ster op ons eie Walk of Fame.
(Dis nou nie in Los Angeles nie, maar in Benoni.)
Dis een van die 41 toekennings waarmee ek geseën is.
Nudge-nudge, wink-wink, brag-brag, boast-boast
...
Blowing my own horn
. Whoop Whoop!
Nenna
Nenna. My gunsteling-publisiteitsfoto van Egoli -
my huis vir 18 jaar ...

Ek as Shirley Valentine (deur Willie Russel), in
Afrikaans vertaal deur Hennie van Greunen.
Hier's ek by die ACT-toekennings in 2008.
Tot dusver het hierdie verhoogstuk 1 Fleur du Cap
en 2 Peoples' Choice-toekennings gewen.