Sy glo ’n kind moet uit die boks dink. “Anders maak die boks toe en jy versmoor, terwyl jy nooit bereik wat jy werklik uit die lewe wil put nie.Dink onder, om en uit die boks!” Francois het van kleins af dinge op sy manier aangepak. “Seker die vreemdste ding wat hy al gedoen het, was toe hy op 16 by die mark voor die Johannesburgse Markteater ’n tentjie opgeslaan en
mense se ‘fortuin’ vertel het!”

Francois dra ook self die positiewe of negatiewe gevolge van sy besluite. Hy was vir haar uniek van die dag toe hy gebore is. Sy het altyd geweet hy is nie ’n hoofstroom-kind nie. “Hy het in sy eie verbeeldingswêreld geleef en nie aangepas in ’n hoofstroom-skool nie.Hy wou sy eie ding op sy eie tyd doen.Toe ons hom in ’n kunsskool sit, het hy begin blom.”

Francois sê hy het nog nooit die massas gevolg nie en eerder op sy individualiteit gefokus. En die
naam “Snotkop”beteken vir hom individualiteit.“Om in jouself en jou drome te glo, om uit te staan bo die res en te veg vir dit wat vir jou belangrik is.”

Hy sê hy is ’n rebel met ’n doel,iemand wat opstaan vir die swartskaap, diegene wat misverstaan is. Hy self is misverstaan in sy jeug. “Maar vandag betaal mense om na my konserte te kom kyk. Ek hoop dit is inspirasie vir jonger mense om te sien dat jou uniekheid juis dit is wat jou spesiaal maak; dat jy nie soos ander hoef te wees om sukses te bereik nie.Dit het my gepla toe ek jonger was, maar vandag is ek bly ek is wie ek is.”