Dit was hoofsaaklik Afrikaanse mense wat na haar optredes gekom het, vertel sy, maar ’n paar Amerikaners het ook kom kyk hoe sy sing. “Die ontvangs was ongelooflik. Ek het die optredes ontsettend geniet en die mense het gesokkie en gelag.

Dit was lekker om te sien die Suid-Afrikaners wat daar woon verlang nog baie terug. Ek is bly ek kon vir hulle ’n stukkie huis vat. Dit was wonderlik om die mense by my shows te ontmoet, hul stories te kon hoor en in my eie taal in ’n vreemde land te kon praat."

Daar was ’n klomp hoogtepunte, vertel Elizma, veral om Ground Zero in New York te sien en om Disney World te beleef. “Dit maak van volwassenes kinders en ek het my gedra soos die jongste kind daar.

”?Maar die beste deel was toe haar vlieënier-kêrel, Nico Grobbelaar, haar gevra het om te trou. “Ek het dit glad nie verwag nie. Ek het geweet hy is besig met opleiding in Dallas, maar ek sou hom eers later sien. Toe staan hy een aand voor my deur. Die beste verrassing van my lewe!"

Hy het haar toe later gevra om te trou. “Ek het geweet hy gaan my een of ander tyd vra, maar ek het dit glad nie in Amerika verwag nie. Ons is nog nie seker wanneer ons gaan trou nie. Dit sal of die einde van die jaar wees of aan die begin van volgende jaar.”

FOTO: Sy het hierdie foto van haar ring op Facebook met almal gedeel.

Elizma se mooi verloofring

OP REIS SAAM NA AMERIKA DEUR HAAR FOTO-ALBUM!

IN DISNEY WORLD SAAM MET NICO (ook hooffoto bo)

Elizma en Nico in Disney World

Elizma en Nico saam met die karakters uit Monsters Inc.

OP TIME SQUARE IN NEW YORK

Elizma in Time Square in New York

IN CENTRAL PARK IN NEW YORK

In Central Park in New York

OP DAYTONA BEACH IN FLORIDA

Op Daytona Beach in Florida saam met Nico