In die Februarie-uitgawe van SARIE vra ons 'n paar manne hoe hulle ideale trouvrou lyk. Moet sy kan knope aanwerk, rooiwynvlekke verwyder en toebroodjies maak - soos 'n omstrede studente-kompetisie aan die Universiteit Stellenbosch dit wou hê? Of kyk mans met 'n wyer oog?

"Ek werk tot seweuur saans en daarom sou ek 'n vrou wou hê wat kinders grootmakk, na die huis kyk en kook. Dit moet haar nommer een-prioriteit wees, maar sy is nie 'n slaaf nie." - Mouton de Wet (skuilnaam), (35), Durban

"Sy moet wow wees. Ek hou van 'n mooi vrou wat versorg is. As sy nie na haar hare en haar lyf kan kyk nie, hoe sal sy na ons kinders kyk? Sy moet my nie wil hê as 'n heenkome nie. Goeie selfbeeld is belangrik." - Ludwig Oberholzer (37), deelnemer aan Boer soek 'n vrou 2, Ficksburg

"Sy moet my fassineer en situasies en onderwerpe uit 'n unieke oogpunt sien. Eerder brains en belesenheid as boobs en bene." - Edo Heyns (24), joernalis, Stellenbosch

Wat sê jy?

Is die manne reg, of hoe? Hoe moet 'n trouvrou lyk? Watter unieke eienskappe moet sy hê?