Deesdae is dit so maklik om 24/7 herinneringe vas te vang. Ja, jy kan met jou selfoon die mooiste, mooiste foto’s meen die fotograaf Jenni Elizabeth. Ja, jy kry ’n selfoonwerkswinkel!

Môreaand om 19:30 op Dinsdagdromer gaan sy vir jou wenke & geheime verklap van hoe om beter selfoonfoto’s te neem.

Koop jou kaartjie hier

Jenni Elizabeth deel wenke vir foto’s op sosiale media, vakansiekiekies en sommer net hoe om jouself en jou wêreld te verewig. Met hierdie slimfoon-werkswinkel leer ons hoe jy mooi foto's neem met wat jy by jou huis het. Jy gaan leer van komposisie, lig, editing en vele, vele meer. PLUS Jenni gaan jou ook wys hoe jy vanjaar ’n "flatlay" kan skep as geskenk vir jou geliefdes. Sy glo vas dat ’n foto die perfekte geskenk kan wees as dit gevul is met spesiale en sentimentele elemente. Jy het niks meer nodig nie!