Kan jy nou meer - sjokolade met subtiele seesout in ... Dis dalk nét die ding om daardie spesiale een dié Valentynsdag te oortuig jy's iemand met interessante smaak. En smaak dit nie fantasties nie! Dis heerlike gladde donkersjokolade, dromerig-ryk en met 'n gesofistikeerde knypie suiwer seesout. Die nuwe Lindt Excellence A Touch of Sea Salt-sjokoladeblok kos sowat R24 by uitsoek-supermarkte.