Die Springbok-stut Coenie Oosthuizen en sy vrou, Christi, maak reg om hul eersteling, ’n dogtertjie, te ontmoet.

"Ons is ongelooflik opgewonde om ons klein prinsessie in die wêreld in te bring," het Christi aan SARIE.com gesê. "Toe ons uitgevind het, het pappa sommer dadelik met haar kamer begin. Dit het hom besig gehou deur 'n moeilike jaar van beseer wees."

Volgens Christi het hulle op die naam Annabelle vir hul dogtertjie besluit. "Dis nie ’n familienaam nie. Ek het dit raakgelees en ons het albei saamgestem dat dit pragtig is!"

As alles volgens plan verloop, gaan hulle op 25 Desember hul dogtertjie verwelkom. Aanvanklik was hulle geskok.

"Toe ons die datum uitvind en eers tyd het om daaroor te dink, besef ons sy kom reguit van Hom af. Dis baie spesiaal!"

Die pragtige paartjie is onlangs deur fotograaf Mandy Stander op ’n KwaZulu-Natalse strand afgeneem.

Hulle deel spesiaal die foto's met ons:

FOTO Mandy Stander
FOTO Mandy Stander
Springbok en Vroulief se swangerskap-fotosessie
FOTO Mandy Stander
FOTO Mandy Stander
FOTO Mandy Stander
FOTO Mandy Stander
FOTO Mandy Stander
FOTO Mandy Stander
FOTO Mandy Stander

VERSKAFFERS

Fotograaf: Mandy Stander Photography 

Rokke: Marlize Meeding 

Venue: Canelands Beach Club and Spa