Spud (of John Milton), die tingerige hoërskoollaaitie met sy vermaaklike koshuis- en grootwordstories, was omtrent 'n oornagsukses. En skrywer John van de Ruit se gewilde Spud-boeke is vanaf 26 November vanjaar op die grootskerm te sien in Spud the Movie.

Bekende akteur John Cleese speel die rol van The Guv, 'n eksentrieke alkoholis en Spud (Troye Sivan) se Engels-onderwyser. Ander akteurs sluit in Jason Cope, Tanit Phoenix, Julie Summers en Blessing Xaba.

Hou die Spud-fliek-webtuiste dop vir meer of besoek Spud the Movie se Facebook-blad