Steve Hofmeyr is op pad Australië en Nieu-Zeeland toe.

Nee, darem nie oor hy hom vir Julius Malema vererg het en sy goedjies gepak het nie.

Hy skop op 8 Mei 'n toer van bykans drie weke af om sy nuwe CD, Duisend en Een, bekend te stel.

"Dis jare laas dat ek in Australië en Nieu-Zeeland was. Oorsee was toe nog ver. Vandag is Auckland reeds uitverkoop en ons open nog konserte. Om een of ander rede is bemarking makliker op die eilande, miskien omdat dit soveel kleiner as OZ is. Daar doen ek wel 'n konsert in Brisbane."

Steve doen onder meer konserte in Nieu-Zeeland in Hamilton, Auckland, Rotorua, New Plymouth, Parmeston North, Hawks Bay, Wellington, Christchurch en Ashburton.

"Jammer ek skeep Australië af, maar ek sal weer 'n draai maak."

Hy skeep darem ook nie Suid-Afrikaners af nie. Sodra hy terugkom, pak hy 'n landwye toer met Duisend en Een aan.

Vir Steve se volle toerprogram in Australië en Nieu Zeeland klik op www.stevehofmeyr.co.za.

Bespreek vir Steve se SA-toer in Julie 2010 by www.computicket.com