Eers was dit Pad na jou hart, toe Vir altyd en nou Stroomop. Ivan Botha en Donnalee Roberts, die wenspan agter dié drie Afrikaanse films, is reg om kykers op ’n nuwe avontuur teen die stroom op te neem.

Stroomop gaan oor vyf stadsvroue wat deur ’n sameloop van omstandighede langs die Oranjerivier beland. Dit word op Vrouedag, 9 Augustus, uitgereik - en SARIE is ’n trotse mediavennoot. Kan jy ook nie meer wag nie? Lees dan ons weeklikse Stroomop-blogs!

Inskrywing 3: 

Onseepkans: Die groot ontdekkingstog

Die tyd het aangebreek om ons in die woeste woestynwêreld van Onseepkans in die Benede-Oranjerivier te begeef. Met gepakte tasse en tasbare opgewondenheid ontmoet die hele Stroomop-filmspan douvoordag in die produksiekantoor in Johannesburg. Saam gaan ons die lang pad aandurf!

Ons vyf Stroomop-dames is gereed vir die lang pad na Onseepkans Van links na regs: Chanelle de Jager (Adrie), Ilse Klink (Diona), Carla Classen (Nixie), Simoné Nortmann (Vivian) en Donnalee Roberts (Lana

Areyeng, ons vervoervennoot, het ons voorsien van meer as tien 4x4-bakkies. Vier weke lank gaan ons die stadslewe verruil vir die ongerepte duine en kliprante van die verre Noord-Kaap. Ons fone het lank reeds sein verloor en die teerpad plek gemaak vir grondpad, toe ons uiteindelik die borde sien wat die pad na Onseepkans aandui. Ons word verwelkom met ’n golf van hitte en verlatenheid, maar ’n rou en eerlike skoonheid wat ons asem wegslaan.

Areyeng bakkies staan teen die klipberge van Onseep River Camp, die kampterrein waar die Stroomop filmspan bly tydens die verfilming by die Oranjerivier FOTO Verskaf

Met die vyf vroue buite die beskawing en oorgelaat aan die natuur se elemente, kom die verhaal van Stroomop tot ’n wending. Skielik is hulle op hul eie aangewese en moet hulle veg om oorlewing in ’n harde, ongenaakbare wêreld wat hulle nie ken nie. Die wye, hoë skote van ’n hommeltuig vang hul weerloosheid vas. Die eerste skote is geneem en ons kan nie wag om dit met julle te deel nie.

Die drone word opgestel vir die verfilming in Onseepkans.

Die vroue deel hul gevoelens van skok, ontnugtering maar ook verrukking met ons:

Adrie (Chanelle de Jager) daag op vir die avontuur-terapie met haar bagasie
Diona (Ilse Klink) is reg om die Oranjerivier stroomop aan te durf.
Lana (Donnalee Roberts) het die hospitaal-teater vir die rivier verruil.
Sal Nixie (Carla Classen) sonder sosiale media kan oorleef?
Datalose Vivien (Simoné Nortmann) pak die avontuur aan.

Hou SARIE.com volgende Vrydag dop vir die vierde inskrywing!

Lees die vorige inskrywings:

Week 1Week 2