Hoe voel dit om weer deel van die Olimpiese span te wees?
Ek is dié keer minder gespanne omdat ek weet wat voorlê. Ek is eerder opgewonde om die ervaring weer te beleef.

Wat wil jy bereik?
My doelwit is om die eindronde van die 800 m-vryslag te haal. Enigiets meer sal ’n bonus wees.

Is jy opgewonde oor die feit dat die olimpiese spele in Londen gehou word?
Beslis. Dis geografies nader aan Suid-Afrika as Beijing. Ek dink dus Suid-Afrikaners gaan meer opgewonde wees daaroor. Suid-Afrikaners se ondersteuning beteken alles vir ons atlete, want die rede hoekom ons doen wat ons doen, is om ons landsburgers trots te maak.

Watter swemmer beskou jy as jou grootste teenstander?
[Die Brit] Rebecca Adlington sal die een wees om te klop. Sy is superfiks. Dit gaan opwindend wees om teen so ’n ongelooflike atleet deel te neem.

Wat is jou sterkste eienskap?
My vasberadenheid. Ek het gekomwaar ek is omdat ek nog altyd so hard as moontlik geoefen het, elke dag. Wanneer ek deelneem, is ek dan vol selfvertroue omdat ek alles ingesit het.

Jy bly inamerika. hoe lank is jy al daar?
Ek is al die afgelope vier jaar in Amerika, waar ek by die Universiteit van Georgia studeer het. Ek het die geleentheid gekry om met ’n beurs daarheen te gaan, terwyl ek ook saam met van die beste swemafrigters kon oefen. Die swemgeriewe daar is ongelooflik. Tog is dit moeilik om weg van die huis te wees – ek is ontsettend lief vir Kaapstad.