Jy ken jou maat? O, regtig? 

Of julle vier of vyftien jaar getroud is – moet nooit dink jy ken jou maat deur en deur nie ... Irshaad en Ayesha Alleyspeel saam in ons ‘vasvra’. Wie weet, dalk leer jy ook iets!

Irshaad is ’n voormalige Pasella-aanbieder en vertolk die rol van Rhafiek in kykNET se nuwe sepie, Suidooster. Hy en Ayesha is 4 jaar getroud en hul dogtertjie, Rahmah, is 2. Ayesha is ’n onderwyseres by Rondebosch East Primary School in Kaapstad.

*Irshaad en Ayesha is net een van die paartjies wat dié 'vasvra' gedoen het. Kry die November-uitgawe van SARIE vir ander bekende paartjies soos Magdalene Minaar en haar man, Francois, se antwoorde. 

Watter gewoonte van haar irriteer hom die meeste?

Irshaad: O, het jy genoeg tyd! Sy praat baie, alles wat sy dink, se^ sy. En dan raak dit ’n geselskap waarvan jy deel word.

Ayesha: Ek praat te veel.

En watter van sy gewoontes irriteer haar?

Irshaad: Soveel ... Ek hou van alleen wees en dan wil sy mall toe gaan of iets.

Ayesha: Hy eet springmielies in die bed!

Wat is haar gunsteling-fliek?

Irshaad: The Sound of Music. Musicals.

Ayesha: Titanic. Dit was ’n lekker storie. En Leonardo DiCaprio was daarin.

En syne?

Irshaad: The Count of Monte Cristo. Dit gaan oor ’n ou wat sy lewe omdraai, op eie stoom. Ek hou van die boodskap.

Ayesha: The Count of Monte Cristo. Moet wees. Ons het die DVD en hy kyk minstens een keer per maand daarna.

Haar lekkerste tonekrul-bederf?

Irshaad: ’n Besoek aan die haarkapper.

Ayesha: Retail therapy! Gehaltetyd saam met Irshaad – dis moeilik met ’n kind.

En syne?

Irshaad: Ek kan nie wag vir die somer om te gaan snorkel nie. Enigiets wat met die see te doen het.

Ayesha: ’n Wegbreek, veral as ek dit ree¨l en hom verras. Die see. Om op sy eie te wees.

Wie is haar grootste ikoon en hoekom?

Irshaad: Mmmm ... sy is ’n gro´o´t fan van haar ma. Sy bewonder haar integriteit en kalmte.

Ayesha: My ma, Nazaly. Haar ondersteuning, onvoorwaardelike liefde. Sy is my spa-buddy!

En syne?

Irshaad: Enigeen wat ’n goeie lewe lei, ’n goeie mens is.

Ayesha: Denzel Washington, hoe hy toneelspeel. Ons het al sy flieks.

*Suidooster is vanaf 16 November elke Maandag, Dinsdag en Woensdag om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) & Kie (DStv-kanaal 145) te sien.

Lees die ander paartjies se antwoorde in die November-uitgawe van SARIE. Dié uitgawe is nie meer op die rak nie, maar kan HIER afgelaai word.

sarie november sandra prinsloo tinarie van wyk loots nov sarie voorblad