Survivor SA staan einde se kant toe en ProVerb se luiheid is uiteindelik op die voorgrond. Hy's bekommerd oor al die aandag wat skielik op hom is.

Ou alliansies verkrummel en dit lyk of die deelnemers begin besef dis elkeen vir homself. GiGi en Sade giggel vir een van die manne se houding.

Gigi merk sarkasties op: 'Die seun is 'n bietjie van 'n poser. Hy kyk uit oor die see asof hy 'n Griekse God is.'