Stiaan is op 26 Julie 2010 (2 weke vroeër as verwag) in die Kloof-Medi-Clinic in Pretoria gebore. En Thys het toe reeds erken dat hy nou "op 36 besef waaroor die lewe gaan". (Bron: www.volksblad.com)

Thys het 'n druk skedule en is soms vir lang tye weg van die huis af. Verlede week het hy op sy Facebook-blad gesê: "Terug by die huis na 3 weke toer, nou's dit familie tyd . . .  het my byna doodverlang na klein Stiaan en sy Mamma! Kan nie glo hy het so vinnig gegroei nie. Vandag gaan hy en Pappa speel en vir Mamma bietjie n af-dag gee, sy verdien dit!"

En op sy Twitter-blad word die foto's van pa en klein Stiaan gereeld opgesit, (veral 3h00 in die oggend wanneer daar doeke omgeruil en bottel gegee word).

Met Stiaan is sy arms, sê Thys: "Is daar enige iets lekkerder as dit? Dis mos waarna n Pa uitsien en wil terug kom huistoe!"

Stiaan Steicher
Ma Debbie en klein Stiaan