Tim Theron en Cobus van den Berg, wat Klein Karoo gemaak het, skiet binnekort nóg ’n fliek. Dié keer wil hulle wegbeweeg van romantiese komedies af.

Die rolprent, waarvan die titel tot dusver Liefde Wen is, gaan na verwagting in die omgewing van Potchefstroom of iewers in die Suid-Kaap geskiet word. Tim en Cobus het gister die finale bevestiging en goedkeuring van beleggers gekry en beplan om binne die volgende twee weke al met oudisies in Johannesburg en Kaapstad te begin. Tim, wat onlangs in New York gekuier het, het vanoggend daaroor getwiet.

"Ons hoop om weg te kom van die romantiese komedie," sê Tim. Liefde Wen gaan ’n fliek vir die hele familie wees waar verhoudings realisties, maar mooi uitgebeeld word.

"Dit gaan positief wees, ons wil mense opbou."

Tim verduidelik dat die fliek Suid-Afrika se eerste ensemble-rolprent gaan wees. Dit gaan met ander woorde veelvuldige storielyne hê met baie van die beste akteurs in Suid-Afrika. Dit gaan baie soos die Britse fliek Love Actually wees, maar jy kan selfs meer eerlikheid oor verhoudings verwag.

sr1211klein_karoo_1_

Tim gesels oor Klein Karoo

Die storie, geskryf deur René van Rooyen, gaan volgens Tim tydens Paasfees afspeel.

"Ons hoop om met dié fliek ’n platform te skep waar ons kan wegbeweeg van flieks net vir Suid-Afrika - die volgende stap is om flieks vir ’n internasionale gehoor te maak," sê hy.

Liefde Wen (onthou, die titel van die fliek kan nog verander) sal na waarskynlik volgende jaar uitgebring word.

Hier is nog flieks wat in 2014 uitkom: