Kyk uit vir die vlieërplankkampioen Taro Niehaus (25) wat onlangs in Lüderitz, Namibië, die eerste Suid-Afrikaner geword het wat 50 knope op ’n vlieërplank haal. Dit was ’n Afrika-rekord. Taro, seun van sanger Danie Niehaus en mode-stilis en sarie.com-blogger Isabella, het teen 92,6 km/h oor die water gegly! Hy ding vanjaar weer wêreldwyd mee. KRIEKET Indië, Sri Lanka en Bangladesj is die gesamentlike gasheerlande van die Wêreldbekerkriekettoernooi (19 Februarie tot 2 April). “Suid- Afrika het sy beste kans in jare om die toernooi te wen,” meen Eduan Roos, Media24 se spesialiskrieketskrywer. “Die span se grootste uitdaging gaan wees om te kan aanpas by
versengende hitte en humiditeit.” RUGBY Die Wêreldbekerrugbytoernooi skop op 23 September in Nieu- Seeland af (tot 5 November). SA behoort “taamlik goed te vaar, ongeag hoe ons aanloop is,” sê Stephen Nell, ’n senior Media24- sportskrywer. Hy glo ons verdediging kan deurslaggewend wees. Hou gerus dié jong speler dop: Patrick Lambie (veelsydige
agterspeler). SOKKER Bafana Bafana moet vanjaar uithaal en wys om te kwalifiseer vir die Afrika-Nasiesbeker in 2012 in Gaboen en Ekwatoriaal-Guinee. Hul grootste teenstander is Egipte, die huidige Afrikakampioen. Bafana speel op 25 Maart in SA en op 3 Junie in Kaïro teen Egipte. Ander mededingers in hul groep is Niger en Sierra Leone
(wedstryde in SA op 2 September en 7 Oktober). SWEM

Hou ons eie Cameron van der Burgh dop tydens die Wêreldswemkampioenskappe (16 – 31 Julie in Sjanghai, China). Sy kanse “is uitstekend” om die 50 m- én die 100 m-borsslag te wen, meen Marizanne Kok, sportverslaggewer van Sport24. Hou ook die jong Chad le Clos dop wat twee goue medaljes by die
Statebondspele verower het.