* Vergeet van Valentynsdag – in 2011 is Januarie eerder die liefdesmaand. Twee van ons grootste musiekkunstenaars trou dié maand: Kurt Darren met sy verloofde, model Dunay Nortjé, en Bobby van Jaarsveld met sy skoolliefde, Annatjie Rheeders.

* En almal wonder: Hoe gaan die rok lyk? Watter prinses gaan die mooiste lyk? Suid-Afrika se blonde Charlene Wittstock wat in Julie met prins Albert van Monaco trou, of die donkerkop Kate Middleton, wat op 29 April met prins William afhaak? Ons geld is op Charlene!