* Die Good Food & Wine Show is van 26 – 29 Mei in Kaapstad (Johannesburg s’n is van 23 – 26 September).

* ’n Kospatriotisme is aan’t ontwikkel, sê Errieda du Toit, kosskrywer en “huiskok” van Huiskok/Glanskok-faam op RSG. Van bunny chow (uitgeholde brood met kerrie in) en biltong tot bokkoms en kaboemielies. Dit loop hand aan hand met kostrends van eenvoud, egtheid, nostalgie en sober kos (die strewe na eenvoud).

* Foodies oral gaan vanjaar opgewonde raak oor dadels uit die Noordweste van die land en bokkom patee. Gerookte snoek, maroela en mieliepap word hip en biltong kom in allerhande vorme voor, voorspel Errieda.

* Die cupcake frenzy duur voort. Die liefde vir die kolwyntjie raak net groter en beter! En om mense vir aandete te nooi (die sogenaamde dinner party) herleef weer. Ons gaan minder uiteet.

* Suid-Afrikaanse wyndrinkers gaan in 2011 behoorlik die pinot noir-golf begin ry, voorspel Emile Joubert, wynkonsultant en -skrywer. En hy reken chardonnay gaan nog dieper spore trap. Saam word chardonnay en
pinot noir ingespan om verruklike méthode cap classique te maak. Steeds gewild!

Moenie ons 6 SARIE KOS-uitgawes misloop nie: Buiten SARIE KOS se herfs-, winter-, lente- en someruitgawe, is daar ook SARIE KOS vir Mans (vanaf 1 Junie te koop) en ’n nuwe en spesiale SARIE KOS-uitgawe vir die feestyd (vanaf 30 November
te koop).