Twilight-koors het almal beet gehad by gisteraand se MTV-toekennings. Die boek deur Stephenie Meyer was 'n weghol-sukses en verkope is vergelyk met dié van die Harry Potter-reeks. Dis opgevolg deur nog 3 boeke, New Moon, Eclipse enBreaking Dawn, en produksie aan die New Moon-fliek is tans aan die gang. Dié reeks lê op hierdie stadium op nommer 2, 3, 4 én 5 op Exclusive Books se Top-10-lys. Nog nie Twilight gelees nie? Kry jou eksemplaar nóú teen 20% afslag by kalahari.net.

Hier is die MTV-wenners:

1. Beste fliek: Twilight
2. Beste vertolking deur 'n akteur: Zac Efron vir High School Musical 3: Senior Year
3. Beste vertolking deur 'n aktrise: Kristen Stewart vir Twilight
4. Beste 'breakthrough'-vertolking deur 'n akteur: Robert Pattinson vir Twilight
5. Beste 'breakthrough'-vertolking deur 'n aktrise: Ashley Tisdale vir High School Musical 3: Senior Year 
6. Beste vertolking in 'n 5. komedie: Jim Carrey vir Yes Man
7. Beste skurk: Heath Ledger vir The Dark Knight
8. Beste geveg: Robert Pattinson/Cam Gigandet vir Twilight
9. Beste soen: Kristen Stewart/Robert Pattinson vir Twilight
10. Beste liedjie: Miley Cyrus ("The Climb") vir Hannah Montana: The Movie

Besoek www.imdb.com vir meer oor al hierdie akteurs, aktrises en flieks.

Meer oor Twilight: podcasts, eksklusiewe onderhoude, die voorskou en 'n foto-galery.