Jy't haar al waarskynlik op die verhoog of in 7de Laan en Villa Rosa gesien, sy was selfs vir 'n rukkie 'n lugwaardin (in die regte lewe). Maar hierdie jong aktrise is mal oor SA, en dis hiér waar sy wil bly 

Jy't grootgeword in Nelspruit, waar bly jy nou?
Gebore in Ammersfoort, grootgeword in Nelspruit en bly nou in Johannesburg.

Jy't drama aan die Pretoriase Technikon geswot. Het jy rolmodelle na wie jy opkyk in die plaaslike bedryf?

Ja, wat toneelspel betref, het ek baie. Ons het baie goeie aktrises in Suid-Afrika. Die eerste aktrise was Chantelle Stander wat Kimberly gespeel het in Egoli, die oortuigende feeksrol het my baie beïndruk. Deur die jare het dit verander. Maar die akrises wat my nou inspireer, is dié met wie ek al saamgewerk het, soos Michelle Burgers en Erica Wessels. Hulle speel met hul oë, jy sien die karakter tot diep binne, hulle speel toneel van binne af. Na hulle kyk ek op.

Ná jou rolle in 7de Laan, Villa Rosa en Vallei van Sluiers, is TV-werk iets wat jy eerder sou wou doen (dalk meer as teater)?
Nee, nooit, en ek hou nie daarvan om die twee te vergelyk nie. Teater het ek eerste gedoen en dit was nog altyd my passie. By die Technikon het ek teater-opleiding gekry. TV-werk is baie nuut vir my, maar ek geniet dit net so baie. Ek hoop ek sal 'n lewe kan maak uit albei

Jana se gunstelinge

Boek: Die Bybel

Fliek: Enige Meryl Streep-fliek

Kos: Mediterreens, en als wat soet is.

Drankie: Champagne, gelukkig vir my budget het Suid-Afrika baie goeie vonkelwyne

Musiek/liedjie: Musiek - rock. Liedjie - verander elke week.

Wêreldstad: Kaapstad

Dink jy daar's ruimte vir nog nuwe Afrikaanse reekse en flieks soos Vallei van Sluiers en Jakhalsdans?
Ja, ek dink die Afrikaanse mense is uitgehonger vir Afrikaanse TV. Die terugvoer wat ek kry van Vallei van Sluiers is 'n bewys daarvan. Ek weet van mense wat nie regtig TV kyk nie (kan jy glo daar is sulke mense?) wat totaal en al ge-hook is deur Vallei. En hulle het genoem dat hulle glad nie sepies kyk nie, maar dat hulle die Afrikaanse reeks sal mis vir niks en dat die uur op die lug, net een keer 'n week, net te min is. Ek dink ons wil identifiseer met ons eie mense. Ons TV-werk is opreg. Oorsese werk is goed en die tegnologie is baie gevorderd, dus is ons oë 'n bietjie bederf. Maar 'n storie van jou eie mense in jou eie taal - dis lekker.

Jy was vir 'n jaar en 'n half, na jou studies in 2006, 'n lugwaardin in Doebai. Wat het hierdie tyd jou geleer?

Dat die gras nie groener is aan die ander kant nie. Elke land het sy dinge wat jou afsit. Ek was van eerstewêreldse lande tot van die armste lande in die wereld. In Parys, die spogstad, het ek dinge

Wat jy nie van Jana Fischer geweet het nie

  1. Ek het nog nooit McDonalds geëet nie
  2. Ek kon kies tussen 'n Matriek-vakansie by die see of 'n kitaar..... toe kies ek die kitaar...nie dat ek goed kan speel nie
  3. My regte haarkleur is nie so donker nie.....

gesien wat my hart gebreek het. Dinge wat so 'n ryk, gevorderde regering kan voorkom. Ek voel net ons kla te gou, ek het dit self gedoen net voor ek Dubai toe is. Maar ek het daar besef, na elke Johannesburg- of Kaapstadvlug, dat ons Suid-Afrikaners 'n fantastiese nasie is. Ons mense, oor die algemeen, is goedgemanierd en baie vriendelik. Ons het almal tyd vir 'n geselsie en grappie (ek praat van elke ras in SA). Die wêreld kan by ons kom leer. Wat ek sê, is net dat ons land is nie perfek nie en daar is baie dinge wat sal moet verander (en dankie vir die mense wat elke dag die stryd aanpak), maar ons mense hier, maak dit die moeite werd om hier te bly. Ek het begin fokus op al die positiewe dinge in SA en my lys is baie lank. En dit het my opinie oor SA verander.

In Vallei van Sluiers speel jy 'n eks-model. Doen jy self ook modelwerk?
Nee, het nog nooit. Baie het my al gevra om dit te probeer en ek sal, as iemand my nader. Ek het myself nog altyd net gesien as aktrise.

Wat's in die pyplyn vir Jana binne die volgende jaar of wat?
Ek het nou onlangs weer begin by Villa Rosa. Dit is lekker om terug te wees. Op die oomblik het ek 'n baie uitdagende storielyn, wat ek baie geniet. Dit sal volgende jaar eers op die kassie wees.

Het jy Hollywood-drome?
Nee, ek is maar eerder 'n groot vissie in 'n klein see.... en soos ek genoem het, ek is mal oor my land. Eerlik.... as die kans op my pad kom, sal ek dit verseker aangryp.