Rugbyspeler Victor Matfield en sy vrou, Monja, se derde dogtertjie is verlede Woensdag gebore. Hy gesels met SARIE.com oor hul nuweling ...

Dié trotse pa noem sy week oue dogtertjie Tassy, al sê haar geboortesertifikaat "Victoria Tasmin Matfield". En Tasmin is volgens haar pa ’n baie soet baba.

"Dit gaan baie goed met klein Tasmin, ons geniet haar sover baie. Sy drink en slaap eintlik maar nog net, maar die twee oudstes is só opgewonde oor hul nuwe sussie," sê hy.

Die Matfields se derde prinsessie is hier

En dié opgewondenheid sorg vir nuwe woema in die huis. Hy sukkel gewoonlik soggens om sy oudste dogters, Jaime (8) en Giselle (4), uit die bed en betyds vir skool te kry, maar wanneer hy hulle herinner aan hul nuwe sussie, spring hulle sommer uit die bed.

Tasmin is die perfekte kombinasie van haar ma en pa. "Jaime lyk meer na my terwyl Giselle na haar ma trek. Maar mense sê vir ons Tasmin lyk soos Giselle, én is donker soos ek en Jaime." Monja, wat ’n tandarts is, is vinnig op die been. Sy gaan vandag reeds na Jaime se atletiekbyeenkoms toe. En dit lyk of Jaime haar ouers se sportiewe gene gekry het - sy het reeds Noord-Gautengse kleure as akrobaat én naelloper verwerf. Ma Monja het ook op skool provinsiale klere vir naellope gekry.

Gaan die paartjie weer probeer vir ’n seuntjie?

"Nee, dié kleintjie is nou ons laaste een. Ek sou seker graag ’n seuntjie wou hê, maar ek geniet die oudste twee meisies baie en ek is seker ons gaan net soveel pret hê met Tasmin."
Dalk is daar eendag ’n kleinseun wat saam met Oupa kan gaan gholf speel!

Victor gesels oor sy boek

Victor glo om ’n goeie pa vir sy dogters te wees, moet hy ’n goeie voorbeeld wees. "Ek is rustig, gee vir hulle baie liefde en probeer ’n goeie verhouding met hulle bou sodat ons eendag oor enigiets sal kan gesels."

En sy grootste droom vir sy 3 dogters? Net dat hulle gelukkig sal grootword.

Jaime en Giselle by hul pa FOTO: Facebook Giselle (links) en Jaime by hul pa FOTO: Facebook

"Ek is ’n voorstander daarvan dat vroue hul eie drome moet volg. Hopelik kan my dogters dit doen en eendag suksesvol wees."

Sy verhouding met Jake White was effens stormagtig

Victor het ook onlangs besluit om weer te begin rugby speel. "Dit was nie ’n maklike besluit nie, maar ek probeer dit nou weer vir so ’n jaar en ’n half en dit sal hopelik suksesvol wees."

Ontmoeting met ’n Amerikaanse politikus

’n Nuwe "prinses" en die rugbyveld is nie die engiste hoogtepunte in Victor Matfield se week nie - hy het ook Dinsdagaand vir Michael Bloomberg, wat tot verlede jaar burgemeester van New York in die VSA was, ontmoet. Victor was een van ’n hand vol gaste wat na ’n spesiale ete toe genooi is om dié sakeman en politikus te ontmoet.

Victor by Michael Bloomberg, sakeman en voormalige burgemeester van New York. FOTO: Twitter Victor by Michael Bloomberg, sakeman en voormalige burgemeester van New York. FOTO: Twitter

"Ek het langs die Amerikaanse ambassadeur gesit en oorkant Bloomberg. Dit was ’n fantastiese geleentheid - al die mense na wie jy gewoonlik in bewondering kyk, was daar," vertel hy. "Lucas Radebe was ook daar en ek het nog altyd baie respek vir hom."

Wanneer hy nie internasionale politici ontmoet of op die rugbyveld is nie, maak Victor homself gereed om kwaai genoeg te wees wanneer die jong mans eendag met sy pragtige dogters wil uitgaan.