Groot ego’s maak Hannes van Wyk van die gewilde glansprogram Bravo! vies. Hyself is ‘doodgewoon’, sonder aansit. Ons sien hom vanjaar in twee TV-reekse. En by die KKNK wys hy sy slag as onderhoudvoerder.

Hannes van Wyk is tall, dark en handsome, Bravo! se hunk. Leer hom beter ken in dié agter-die-skerms-video:

Dié week se Bravo!-episode is een wat jy beslis nie kan mis nie. Die Bravo!-span kuier agter die skerms by ons voorbladfotosessie met die pragtige Nadia Valvekens; hulle loer in hoe SARIE se Herman Lensing en Kokkedoor se Marinda Engelbrecht vir hul verhoogstuk repeteer; én 15 vroue op die verhoog vir 15 jaar se Woordfees.

Skakel in! Donderdag, 20 April om 19:30 op kykNET (DStv-kanaal 144).

Nadia Valvekens April 2014 voorblad

Lees die volledige onderhoud met Hannes in die April-uitgawe van SARIE. Nou op die rakke!